AluBox, wat spesialiseer in pasgemaakte aluminium kratte, het ’n unieke “kombuiskrat” ontwerp.
Dis so groot soos ’n gewone 80 l-plastiekhouer (55 x 38 x 38 cm) en is só stewig gebou dat jy hom sommer agterop jou bakkie of in die kar se kattebak kan sit. Volgens Paul Lydes-Uings, hoof van AluBox, is hy trouens só sterk jy kan hom as ’n trap gebruik.
Die krat is volledig toegerus met eetgerei vir vier, met messe, vurke, lepels, bekers en borde, en selfs ’n snybord, braaipan en eierspaan.
Die krat se deksel maak oop na bo, maar dan slaan die voorste sykant ook plat na jou toe – amper soos ’n woonwa se sydeur wat platslaan om ’n werkblad te vorm.
Op die blad is ’n eenplaatgasstoof (en jy kry ook…
