Kan ek op my eie hier gaan ry? Nie hierdie presiese roete nie. Noord van Terracebaai is ’n konsessiegebied wat jy net saam met ’n toeroperateur met ’n geldige permit mag besoek.
Kan ek met my gewone woonwa kom? Nee, net boswaens word toegelaat.
Kan ek saamry sonder ’n boswa? Ja, maar hou in gedagte hierdie toer is spesifiek vir boswaens ontwerp. Die toeroperateur bied ’n soortgelyke toer net vir 4x4’s aan.
Hoe lank is die toer? 8 nagte, 9 dae.
Kan ek my gesin bring? Ja, beslis.
Wat is alles ingesluit? Park-, gids- en konsessietariewe, tweerigtingradio’s, ontbyt en aandete, ’n gemeenskaplike kampkombuis, kampstort en toilet.
Wat moet ek bring? Jou eie kamptoerusting, stoele, eet- en drinkgoed vir middagetes en peuselhappies, en genoeg drink- en stortwater vir almal in jou…
