Mik vir goud
Ek en my vrou, Bianca, stel jaarliks ’n doelwit, en 2019 s’n was om ’n sleeprybewys te kry. Ons het albei in 2008 ’n B-bewys verwerf, maar ná Ry & Sleep se fokus op die sleeprybewys was dit genoeg motivering om vir die “groot” sleepbewys – die EC – te mik.
Ons het ’n afspraak vir ons leerlingrybewys gemaak, albei op dieselfde dag geskryf, en dit net daar kafgedraf. Maar nou was dit tyd om vir die praktiese deel voor te berei. Ons het eers op 10 bestuurslesse elk besluit, maar uiteindelik 16 elk gedoen, net om dubbel seker te maak. Albei van ons se laaste les was op die oggend van ons sleeptoets. Die toetsbeampte, ’n stil vrou met yskoue oë, het my deur die baantoets…