Jurgens het onlangs sy reeks vernuwe, maar nié al die modelle gelyktydig verander nie. Eerste aan die beurt was die gewilde Penta, en nou kry die grootmeneer van die reeks, die Exclusive, sy kans.
Steeds kenmerkend van die Exclusive is sy dubbele as, maar pleks van die donker strook aan die onderkant van die romp waarmee ’n mens ouer Jurgens-modelle vereenselwig, is die nuweling heeltemal wit. Die deur het voorheen by die stert gesit, maar skuif nou vorentoe, tussen die wiele en die A-raam. Boonop slaan die nuwe buitekombuis nou omtrent bo die wiele uit, en jy het ook ’n groter mikrogolfoond van 28l.
Omdat die deur geskuif het, lyk die binneuitleg heeltemal anders. Die badkamer was voorheen in die stert met die bed aan die neuskant. Nou is die…