Die direkteur van Tuinroete-woonwaens op Mosselbaai, Johan Nel, het ’n nuwe Jurgens-handelaarskap in die Oos-Rand oopgemaak: Carnival Camping & Caravans in Boksburg.
Johan sê ná die drama rondom Jurgens het hy ’n leemte in die mark gesien. Hy meen Jurgens se sake is weer agtermekaar en dit is nou ’n goeie tyd vir ’n nuwe Jurgens-handelaar in die omgewing.
Al Jurgens se nuwe woonwaens is hier beskikbaar asook verskeie tweedehandse modelle. Hier is ook ’n kamp- en werkswinkel, én dis ’n afsetpunt vir Howling Moon-produkte.
Adres Afritech-kantoorpark, Gebou 1, op die hoek van Van Dyk- en North Boundary-straat, Van Dykpark, Boksburg.
Kontak 010 005 0499 carnivalcamping.com…