In hierdie uitgawe wyk ons af van die gewone ry-indrukformaat omdat ons by een geleentheid verskeie voertuie getoets het. Dit dien ook sommer as ’n kykie agter die skerms op wat dikwels by voertuigbekendstellings gebeur.
Maar kom ons begin by die begin: Wie is Stellantis?
Dié multinasionale maatskappy is in 2021 op die been gebring toe die Italiaans-Amerikaanse maatskappy Fiat Chrysler Automobiles (FCA) en die Franse PSA-groep saamgesmelt het – laasgenoemde het bestaan uit hoofsaaklik Peugeot, Citroën, en Opel. Stellantis, met sy setel in Amsterdam, is ná Toyota, Volkswagen en Hyundai die grootste voertuigvervaardiger ter wêreld met 14 handelsmerke onder sy vlerk. Hiervan word Alfa Romeo, Citroën, DS (’n variasie van Citroën), Fiat, Abarth (’n variasie van Fiat) Jeep, Maserati, Opel en Peugeot op eie bodem verkoop. Dan is daar…