WILD CLOVER-BROUERY, STELLENBOSCH
1 Bier vir die ganse naweek
Stellenbosch is bekend vir wyn, maar dié dorp produseer ook van die beste boetiekbiere in die Wes-Kaap. Proe sommer albei by die Wild Clover-brouery. Vier tapbiere word op die perseel gebrou, en vir die gekunsteldes is hier wyn uit die Breëriviervallei.
Geniet peuselborde en versnaperinge wat die bier komplementeer, en as jou maag grom, skuif oor na The Eatery langsaan vir geroosterde calamari (R70) of ’n hoender-bosbessie-en-brieburger (R80). Eet, drink en wees vrolik terwyl die kinders hulle gô uitspeel op die klimraam, sandput of op die trapfietse rondom ’n 80 m-baan deur die tuin.
En die beste? Jy kan oorbly in een van die selfsorgkothuise, elk met ’n uitsig oor die Villiera-wildreservaat. (Hier hou onder meer kameelperde, elande, gemsbokke, sebras, wildebeeste…
