3-6 Maart
Randfonteinskou
Dis vanjaar die Randfonteinskou se 30ste verjaardag. Bring die gesin vir ’n naweek van pret.
Hier is meer as 400 stalletjies, ’n groot verskeidenheid eetplekke, wyn- en biertuine, en vermaak deur kunstenaars soos Karen Zoid, Bok van Blerk, Kurt Darren en Theuns Jordaan. Die kinders kan onder meer saam met Tjiff en Tjaff kuier, hulle gesig laat verf, speel op die springkasteel en op kamele ry.
Waar? Greenhills-sportstadion, Homesteadlaan, Randfontein
Tyd Do. 8 vm.-10 nm.; Vr. 8 vm.-11 nm.; Sat. 8 vm.-11 nm.; So. 8 vm.-5 nm.
Koste Volwassenes: vanaf R70 p.d. (Do. en Vr.); Pensioentrekkers en kinders (6-12 jaar oud): R30 p.d. (elke dag); Kinders jonger as 6: gratis (elke dag). Kaartjies by Computicket.
Kontak randfonteininfo.co.za ;
011 412 2878
5 Maart
Ommibergfees,…