PRIOR GRANGE-GASTEPLAAS, SPRINGFONTEIN, VRYSTAAT
Wanneer jy van Bloemfontein af suidwaarts ry op die N1, begin die Suid-Vrystaat veral mooi maak – vlaktes wat opstaan in koppies, plaasopstalle waar hoë bome punt – daar by Springfontein rond.
Dis hier waar Prior Grange lê, slegs enkele kilometer van die N1 af, maar dit voel asof jy veel verder van die gedruis is. Dis ’n puik oornagplek, en jy gaan waarskynlik langer wil bly – maak ’n plaaslangnaweek daarvan!
Groot bome raam die oprit terwyl jy inry na die opstal, wat omring word deur ’n netjiese tuin. Hier word jy ontvang deur Sheryl en Blackie de Swardt, of dalk hulle seun Stephen. Die plaas is al sedert 1854 in Sheryl se familie.
Wat kan ek doen? Hier is ’n kort staproete deur die…
