Indien jy vroegoggend in die dorp is, eet ontbyt by The Breakfast Café by McCloud’s Wool Duvets in die hoofstraat (ry om die blok na die ingang in King Edwardstraat vir genoeg parkeerplek).
Die spyskaart, ook vir middagete, wissel na gelang van beskikbare vars produkte, en die smaak van Stephan Moolman, die sjef. 083 625 6097 (Esbie Bezuidenhout).
By The Frog Coffee Shop in die hoofstraat is die tuisgemaakte pasteie tops (R15 wegneem of R40 met slaai). Skaf ook tuisgemaakte ingelegde perskes, beet, koejawels, perskekonfyt en -blatjang aan, vanaf R35 per fles. En koop niekerbols. Toe op ’n Sondag. 073 194 6801 (Ben Bezuidenhout)
Jy kan The Pink Flamingo in die hoofstraat nie misloop nie. Dis by die groot pienk flamink, reg? Hier koop jy jaffels, beskuit, vars brood en…
