Van ’n perd se rug af
“Het jy al vir Steve Black ontmoet?”
“O, jy weet seker van Steve Black...” Só hoor ek vooraf reeds by almal van Steve Black, die eienaar van Khotso Horse Trails. Selfs op pad na Underberg, nog in Matatiele wes hiervandaan, is ek aangeraai om Steve te ontmoet.
Wel, ek het toe nooit vir Steve ontmoet nie. Hy’s toevallig in Durban tydens my besoek – snaaks genoeg het hy Durban toe gery... Ja, hy het blykbaar al van Underberg af kus toe gedraf! Steve, soos ek verstaan, is ’n man wat hou van hardloop, verkieslik oor berge en vir 100 km op ’n slag. Uithouatleet, bergman, ruiter van formaat – dís Steve Black.
Ek ontmoet wel vir Phil Flanagan, een van die mense wat Steve…
