As jy in die hoofstraat staan, jou oë toeknyp en ’n klip in enige rigting gooi, tref jy heel moontlik ’n restaurant. As jou begroting dit toelaat, kan jy aansit by bekroonde restaurante soos Grand Provence se The Restaurant of Le Quartier Francais se Tasting Room – maak gereed vir vanaf R695 vir ’n vaste spyskaart!
Maar hier is ook meer bekostigbare opsies vir dié van ons wat net lekker wil eet en nie omgee oor teksture en bordkuns nie.
Kyk ook aanlyn vir spesiale winteraanbiedinge.
VIR ONTBYT EN/OF MIDDAGETE
Essence
Begin jou dag by een van die tafeltjies langs die hoofstraat, bestel ’n wafel met spek, brie, vye en stroop (R69) of ’n bagel met ’n gebakte eier, spek, sampioene, tamatie en mozzarella (R65) en kyk hoe die dorp…
