Môredou-padstal, tussen Jacobsdal en Modderrivier
As jy van Bloemfontein ry na Kimberley, Hopetown of die Mokala- nasionale park, oorweeg die R705- en R48-pad wat die dorpies Modderrivier, Jacobsdal en Petrusburg met mekaar verbind. Die R705-pad tussen Jacobsdal en Modderrivier loop deur ’n klomp besproeiingsplase en daarom is hierdie smal teerpaadjie altyd vol trekkers, stropers en bakkies. Maar dis ’n mooi alternatiewe roete, en jy ry verby die Môredou-padstal, sowat 10 km wes van Jacobsdal. Odrie Meyer, oorspronklik van Humansdorp, het die padstal in 2012 begin toe sy en haar dogter Olga na Jacobsdal verhuis het en sy die leë gebou langs die pad gesien het.
Hier is iets van alles (basiese kruideniersware, hout, koekies en konfyte), maar die groot verskeidenheid varsgebakte pasteie (van sparerib tot wildsvleis, R20 elk) is heerlik…
