DIE WESKUS
Rocherpan-natuurreservaat, Dwarskersbos
Hier hoor jy hulle al van vroegdag af: Flaminke, kiewiete, duikers, eende, dobbertjies en elke soort meeu krys, kwaak en fluit asof hulle in die parlement sit!
Dis jou teken om die koffiefles te gryp en te mik vir een van die drie voëlskuilings langs die pan. En jy kan maar rustig deur jou verkyker tuur; die blomme lig in elk geval eers hulle koppe as die son al hoog sit.
Rocherpan is ’n klein reservaat, maar kan jou vir ’n week besig hou. Bring ál jou speelgoed saam: jou blom- en leesboek, swemklere, stapskoene, fiets...
Stap die 7 km lange Guarrieroete deur strandveld waarlangs jy wit, geel en oranje gousblomme sal sien, of volg strandlangs die Beach Hopper-roete (2,5 km) – op die duine kan…