Die nag nadat ek op Koppieskraalpan gekamp het, ry ek vroegdag aan by die betrokke boere se werf op hulle aangrensende plaas, Inkbospan – ’n mens wil darem gaan dankie sê en groet voordat jy weer aanstoot. Daar gekom, roep die boervrou Landa Conradie uit die kombuis toe ek by die voordeur klop: “Kom in, ek is hier agter!” En met “agter” bedoel sy toe agter ’n hoop gemsbokvleis waarvan haar man, Thinus, net nóg boude en blaaie aandra. ’n Groot groep stappers sou die aand op Inkbospan oornag, en Landa moes eers die berge vleis wegwerk voordat sy vir hulle kon begin kook.
Ek wou eintlik dié dag Rietfontein aandoen en ook Hakskeenpan langs ry, maar my prioriteite het gou verander. Van slag weet ek bra min, maar toe…