Kiekie op ’n gewone Sondag, omstreeks 1978. As daar ooit twyfel was oor hoe Christelik-Nasionaal lyk, is dít die antwoord. Op die agtergrond is die NG kerk Aasvoël-kop in Johannesburg, en ’n Valiant. Ongelukkig is net drie van ons vyf dogters op dié foto, van links die uwe, Karen en Alet. Die “kleintjies”, soos die twee jonger susters, Magda en Wilma, gesamentlik genoem is, was seker te ongedurig.
Die Aasvoëlkop-gemeente was gewoond aan ongedurigheid. Beyers Naudé was een van die eerste predikante – hier het hy sy afskeidspreek in 1963 weens politieke redes gelewer, en in 2004 is hy uit die einste kerk begrawe.
Daarby was dr. Jannie Malan, onder meer moderator van die NG Sinode, op die preekstoel van 1968-1992, dus vir die grootste deel van ons grootword- en…