Pierre: Japan Dit voel vir jou jy’t op ’n ander planeet geland, êrens in die toekoms. Asof jy in ’n Power Ranger-animasieprent is. Ek’s mal oor die kos, die rituele, sy geskiedenis, die orde en die tegnologie, maar ook die natuurskoon as jy buite die groot stede verken.
Esma: Kroasië Dis nie te duur nie en ’n mens kan verskeie veeldagroetes stap in die Dinariese Alpe ( Dinaric alps ) en op van die eilande. Ons kan mos maar lewe van tweeminuutnoedels saam met ’n Ožujsko, ’n klassieke Kroatiese bier. Toast Ek was al vlugtig in Argentinië en Chile, maar sal graag meer van dié lande wil sien, veral verder suid, daar waar Patagonië sy koue, bergagtige vinger in die see steek.
Vania Jooste…