’n Padstal is ’n wonderlike ding – dit kan jou lewe verander. Nie net vir jou, die pastei-eter en gemmerbierdrinker wie se langpad daardeur opgevrolik kan word nie, maar ook vir die mense wat ’n padstal begin. As jy ’n jaar gelede hier by die Ossewa-padstal verbygery het, het jy nie ’n padstal gesien nie, maar ’n stoor wat besproeiingsgoed verkoop. Intussen moes dié besigheid sy deure sluit, en Fritz en Mara van Staden (en hulle dogter Marna), het hulle gewig agter die Ossewa-padstal gegooi.
Ossewa het vinnig naam gemaak, waarskynlik omdat hulle sulke vriendelike mense is (jy word met die hand gegroet), maar ook omdat hulle pasteie vreklekker (en groot, én vol vleis) is, die gemmerbier jou nie “koliek of maagkrampe” sal gee nie en die kinders in ’n…
