FLAG-DIEREPLAAS, BALLITO
Van donkies en alpakkas tot krokodille en skilpaaie – jy kan ál dié diere en nog wat bekyk skaars ’n uur en ’n half se ry van Durban af.
Die Flag-diereplaas word goed versorg. Dis ’n netjiese, skoon plek – nogal indrukwekkend as jy dink dat hier meer as ’n duisend diere en voëls kloek, runnik, snork, kraai, seil, vlieg en galop! Die meeste diere word gered uit haglike omstandighede en kom sterk dan aan op hierdie hedendaagse Dr. Dolittle-plaas.
Hier is oorgenoeg om die kleinspan heeldag besig te hou, en dit kos ook nie ’n plaas se geld nie. “Ek het op ’n droogtegeteisterde suikerrietplaas grootgeword,” sê Gen Chisholm, eienaar en surrogaatma van honderde dierasies.
“Omdat ek met min grootgeword het, wil ek graag gesinne bedien. Ek…