Paryse dagboek
deur Jan Rabie (versorg deur André P. Brink) Human & Rousseau, 1998
Maart 1948, 27 jaar oud. Skeepskaartjie en £150 in my sak, kamera, tikmasjien, woordeboeke, tot ’n donker kerkpak (my aandpak het ek net betyds op die kaai verkoop). Bors uit, ken omhoog, skoon arrogant van nuuskierigheid. Twee weke ter see, tyd genoeg om verlief te raak, maar darem vry te bly. Al warmer en toe al killer dae. Las Palmas. Southampton. Calais. Europa. Afrika, my moeder; Europa, my springlewendige ouma.
Mensdom, wat ’n leerskool was dit nie vir my nie! […] Die eerste dag het ek my bagasie in Gare St. Lazare gelos, ’n ete met ’n heel bottel wyn weggeslaan – die kelner kon nie verstaan dat ek net ’n halfbottel wyn wou hê nie…
