DU’VILLA, JACOBSDAL
E en middag in Oktober verlede jaar kom ek, Toast Coetzer en die twee kameramanne van Weg Agterpaaie moeg en stowwerig van die dag se grondpaaie ry op Jacobsdal aan. (Die dorpie lê rofweg tussen Koffiefontein en Kimberley). Teen die breër landskap van die Vrystaat, wat dié tyd van die jaar maar vaal is, lyk Du’Villa se groen grasperk en groot koeltebome ekstra verwelkomend en ons swaai alte dankbaar by die hek in.
Op die oog af lyk die gastehuis se naam soos ’n spoggerige sinspeling op “Die Villa,” oftewel, “die huis”. Nogal vreemd, dié Italiaans so diep in die hartjie van die platteland, sou jy dink. Maar wanneer die eienaar, Rika Oberholzer, jou die oorsprong vertel, is dit volbloed-Vrystaats: “My pa, Willie Du Plooy, het ’n brahman-stoetery…