‘On your way to Groot-Marico traffic is light, as usual,” sê die vrouestem op my selfoon nadat ek dié dorpie as bestemming intik iewers by ’n mall in Johannesburg. Dis mos wat ’n mens wil hoor as jy op pad is vir die naweek!
Nadat ek myself uit die stad wurm, stuur die gerusstellende vrouestem my verby Krugersdorp, deur Muldersdrift en Magaliesburg. Geleidelik word die pad (nou die R509) stiller, verby Syferbult, Boons, Derby en Koster. Die Magaliesberg bly regs van my, en links maak Noordwes sy kenmerkende egalige bulte, beplant met mielies en sonneblomme. Dis al middel Mei, maar van die sonneblomme staan nog met vol geel gesigte.
Uiteindelik bereik ek die N4, draai wes, ry deur Swartruggens, betaal ’n allemintige R75 by ’n tolhek (teen daai prys verwag…
