Ek vind dit moeilik om van die euforiesneltrein af te klim ná die Springbokke se oorwinning in die eindstryd van die Wêreldbeker-rugbytoernooi.
Die leierskap van Siya Kolisi, strategiese meesterplan van Rassie Erasmus, vlugvoetige briljantheid van Cheslin Kolbe, onbaatsugtigheid van Lukhanyo Am, hardekwasgeit (en aweregsheid) van Faf de Klerk, daai skrums (!) en die gefokusde kameraadskap van die hele span het bewys waartoe ons in staat is as ons saamstaan. Ek het die wedstryd nou al drie keer weer gekyk, en menige stuk analise (veral in die bitterbek Britse pers) gelees. Vrek, dit was nou ’n lekker sirkus om te beleef.
Een van die punte wat so terloops genoem word, is dat ons die beker in 12-jaarsiklusse wen: In 1995, 2007 en 2019. Ek hoop wraggies nie ek moet tot 2031…
