Waar was jy al nóg gewees? Swaziland, Namibië, Zimbabwe, Mosambiek, Zambië, Italië, Spanje, België, Nederland, Portugal, Frankryk, Duitsland, Hongkong, Singapoer, Thailand en Amerika. Vir nou vat Portugal die koek. Die musiek, die mense, die boekwinkels en (natuurlik) die pasteis de nata (vlatertjies) het my hart gesteel.
Hoe bekostig jy dit? Ek spaar! En terwyl ek reis, probeer ek so min as moontlik op blyplek uitgee. Ek slaap meestal in backpackers – hulle bied saans gratis aktiwiteite aan wat jy nie noodwendig aanlyn sal vind nie, dinge soos staptoere deur die betrokke stad.
’n Lekker plek om te begin is Airbnb se Experiencesafdeling. Die app Culture Trip: For Curious Travelers is ook ’n wenner!
Die American International School of Johannesburg waar ek werk, moedig ons aan om kursusse oorsee by te…
