Eberhard Steinmann
en sy vrou, Janine, woon op Robertson, waar hy as mediese bestuurder werk. Hy stap al van kleins af en is lid van die Bergklub van Suid-Afrika. Sy gunstelingberg is die Apex-piek in die Sederberg en hy wil graag nog eendag by die 192m hoë Maletsunyane-waterval in Lesotho gaan stap. Eberhard se stapraad is: “Pak altyd so lig as moontlik.”
Tinie Muller is ’n algemene praktisyn en woon saam met haar man, Johann Leuvennink, op Stellenbosch. Een van Tinie se gunstelingplekke in die omgewing is Katedraalpiek in Jonkershoek. Sy’s ’n gesoute stapper wat al in die Himalajas in Nepal sowel as in die Simiengebergtes van Noord-Ethiopië gaan draai het, en sy hoop om later vanjaar in die Torres del Paine-nasionale park in Patagonië, Chili, te gaan stap.
“’n…
