DIE GROOT TREKPLEISTERS
Die Kgalagadi-oorgrenspark se Mabuasehube-en Kaa-gedeeltes, en die aangrensende konsessiegebiede rondom plekke soos Zutshwa, Kaa en Khawa
PROMINENTE DORPE EN STEDE
Gaborone, Lobatse, Mochudi, Ramatlabama, Kanye, Molepolole, Jwaneng, Kang, Hukuntsi, Werda en Tshabong
SUID-BOTSWANA BESLAAN DIE VOLGENDE AMPTELIKE DISTRIKTE
Kgalagadi, Kweneng, Suid, Suidoos en Kgatleng
Om toegang tot ’n superpark soos die Kgalagadioorgrenspark te hê is ’n seldsame voorreg. Die idee van ’n oorgrenspark is niks nuuts nie, maar daar is min van hulle wat so goed in praktyk werk as wat dit op papier lyk. Die Kgalagadioorgrenspark is ’n uitsondering. Indien jy hou van geriewe soos omheinde ruskampe met restaurante en winkels waar jy wraggies ’n roomys kan koop, dan is die SA-kant vir jou – veral as jy ’n 4x2 ry.
Die Botswana-kant vereis ’n 4x4,…