MIA LOUW
’n Mens vergeet soms dat die Drakensberg ver noord strek, selfs tot by Kaapsehoop in Mpumalanga, wat my en my man, Hancu, se toevlugsoord is. Vir daguitstappies verken ons graag hierdie deel en het ook al die Kaapsehoop-voetslaanpad (60 km, 4 dae) afgelê. Nes die Fanie Botha (bl. 88) word dit deur Safcol (South African Forestry Company SOC Limited) bestuur.
Daar is nog ’n Safcol-roete wat ek graag eersdaags wil verken: die Magoebaskloof-voetslaanpad (62 km, 5 dae) in Limpopo. Op dié staptog sien ’n mens die mooie Debengeni-waterval, asook die hoogste aangeplante boom in Afrika – ’n 81,5 m hoë salignabloekom in die Woodbush-staatsbos.
Stap herinner my dat jy eintlik min nodig het om genot uit die lewe te put. Jy het stapgereedskap nodig, maar terwyl ek in…
