Ten spyte van sy naam is die rombiese nagadder meer bedrywig in die dag, veral as dit bewolk is.
’n Mens vind dié slang hoofsaaklik in die natter, oostelike helfte van Suid-Afrika, van Hermanus in die Wes-Kaap, kuslangs deur die Oos-Kaap, in die grootste gedeelte van KZN, eSwatini, Mpumalanga, Gauteng en die oostelike gedeeltes van die Noordwes en Limpopo.
Die nagadder se prooi is skurwepaddas en sy habitat sluit in grasvlaktes, laaglandwoude en fynbos waar hy onder stompe, verlate termiethope, groot plat klippe en bourommel skuil.
Die rombiese nagadder word gewoonlik tussen 30 cm en 60 cm lank, en in uitsonderlike gevalle bereik dit selfs ’n meter in lengte. In teenstelling met ander adders wat lewendige kleintjies voortbring, lê die rombiese nagadder tussen 7-26 eiers op ’n slag, selfs tot…
