PIERRE SÊ Onlangs is ek ’n passasier in ’n minibus wat bonsend en wiegend oor ’n sinkplaatpad voortsnel. Ons groepie het vroeg opgestaan en ver gevlieg, ure lank ingehok in ’n vliegtuig en nou in ’n beknopte voertuig. Twee vriende sit agter my op die laaste ry sitplekke, al wippend op die agterste as. “Jy lyk nou al ’n bietjie gaar, ou maat,” sê die een vir die ander. “Man, dis een van daai dae waar ek voel die universe knyp my,” antwoord sy vriend.
Dit was vir my só mooi. Voel dit nie soms vir ons elkeen asof die heelal party dae, weke en selfs jare lank hárd knyp nie? Pestilensie, oorlog, misdaad, droogte, petrolpryse, korrupsie, en natuurlik, Eskom!
Dis juis dan belangrik dat ’n mens perspektief kry voordat…
