Teen die hange van Groenberg naby Wellington, daar waar imposante pieke oor alles benede wag hou, lê ’n plaas genaamd Welvanpas wat al sedert 1704 aan dieselfde familie behoort.
Die omgewing is net so boeiend soos die plek se geskiedenis: Hier’s stukke inheemse woud, ’n rivier, ’n waterval, plate fynbos, heuwels begroei met wingerd... en ’n koffiewinkel met waarskynlik die lekkerste wortelkoek in die ganse Boland!
Of jy nou in familiestambome, geskiedenis, fotografie, sampioenpluk, fietsry, wynproe of voëlkyk belang stel of sommer net ’n entjie wil kom stap – Welvanpas is die regte bestemming.
’n Franse Hugenoot genaamd Pierre Mouji (van die stad Calais) was die oorspronklike eienaar. Sy oudste dogter, Marie, trou toe in 1704 met Francois Retief en dié paartjie word die stamouers van die Retiefs in Suid-Afrika.…
