Winters kruip die koue tot deur die been, somers sweet jy totdat dit voel asof jy uit jou vel wil klim. Tydens droogtes se maer, uitgerekte jare stoei jy met God asof met ’n dronk man in ’n kroeg. Maar begin dit reën, dan staan jy dankbaar met die hoed in die hand, en die hoof gebuig.
Ek is tuis in dié landskap van uiterstes.
Van verwarring, maar tegelyk ook verwondering. Van die min wat het én die veles wat nie het nie, van spoke uit die ongemaklike verlede en hallusinasies oor presies wat die toekoms vir ons inhou.
Ek is in 1963 gebore op Kookhuis, suid van Cradock. Hoewel ek lank in Johannesburg gewerk het as rekenmeester, woon ek weer sedert 2006 uit vrye keuse in die Karoo. Die…
