RUBRIEK Ek toet twee kort stampies totsiens vir my vriende wat agter die swart toeskuifdeur verdwyn wanneer ek my Subaru se neus padaf draai. Dis nog donker in die strate, maar ek het darem al ’n koppie koffie in die lyf. Ek ry uit Auckland Park en volg my foon se aanwysings gedweë. Na Empireweg waarvandaan ek op die M1 klim, en later die N1, suidwaarts. Sowat 850 km se langpad lê voor...
Vandag ry ek Cradock toe, waar ek vanaand by my ma op die plaas wil slaap.
Die afgelope maand was ek in Botswana en in Limpopo en Gauteng besig om navorsing te doen vir ’n paar Weg-artikels. Die Subaru is vol kamptoerusting: tent, slaapgoed, Cadac, ketel, pan. Verder ook ander inkopies: ’n 10 kg-pak voëltjiesaad van die…