Troep: Die dinge wat hulle saamdra
Deur Bun Booyens, Penguin Books R320 in boekwinkels
Om hierdie bundel verhale oor die Grensoorlog saam te stel, het die vryskutjoernalis (en stigterredakteur van Weg) Bun Booyens met sowat 150 ouddienspligtiges gesels om hulle herinneringe op te teken.
Meer as ’n halfmiljoen Suid-Afrikaanse mans het tussen 1965 en 1989 diensplig gedoen en veral die Grensoorlog roep gemengde gevoelens op – Booyens vang dit baie goed vas deur verskillende stemme en sienings in te sluit. Jy hoor onder meer die verhaal van ’n vlootduiker, ’n vlieënier, ’n sjef, ’n kapelaan, en ’n lid van die Kanaries, die weermag se koor.
Die troepe se onthoustories dek elke aspek van hulle diensplig, van hulle opleiding tot hulle tuiskoms ná die oorlog, en daar is snaakse staaltjies en…
