ROOFDIERE
Dié kampe is in soetweidingstreke en naby riviere, wat blaaren grasvreters lok, wat roofdiere by dosyne lok, wat aasdiere en -voëls lok...
Satara, Onder-Sabie, Krokodilbrug, Skukuza en Orpen
VOËLS
Die noorde is die beste voëlkykgebied in die park – die omgewing is die suidelike grens vir baie afro-tropiese voëls wat algemeen voorkom noord van die Limpopo, maar skaars is in Suid-Afrika. In die somer is die trekvoëls al hier.
Punda Maria, Mopani, Shingwedzi en Letaba ’N KNAP BEGROTING
Dis verreweg die goedkoopste om te kamp, maar nie almal is kampeerders nie. Hier is verskeie kampe wat goedkoper hutte of safaritente het. Jy sal wel eet- en kookgerei moet saambring en ’n badkamer en kombuis deel.
Krokodilbrug, Pretoriuskop, Skukuza, Tamboti, Balule, Letaba, Shingwedzi en Onder-Sabie
KAMP
Dié kampterreine word goed…