KGALAGADIOORGRENSPARK
Dié park, wat die gewilde Mabuasehube-deel insluit, is ’n bestemming vir 4x4entoesiaste. Jy moet volkome selfversorgend wees. Wees versigtig vir leeus en luiperds wat hier deur jou kampterrein kan stap. Moenie waterbakke vir voëls uitsit nie – dit kan roofdiere lok en tot onnodige konflik tussen mens en dier lei.
Kampplekke in die Kgalagadi-oorgrenspark
Soos in ander Botswana-parke word verskillende kampplekke deur verskillende instansies bestuur. Die meeste van die kampplekke is in die oostelike deel, Mabuasehube.
Die kampplekke genaamd Mabuasehube en Mpayathutlwa (albei in Mabua) word deur die Inter-Tourism Group bestuur.
Die res is openbare kampe en word bestuur deur die DWNP (Botswana se departement van wildlewe en nasionale parke): Entrance Gate, Bosobogolo, Monamodi, Lesholoago, Khiding, Matopi, Sizatswe, Thupapedi, Kaa, Swartpan, Gnus Gnus, Polentswa, Rooiputs en Two Rivers. Drie…
