GEVAARLIKE REIS
Die Chinese kunstenaar Ai Weiwei het die pilare na die ingang van die Konzerthaus in die Duitse hoofstad, Berlyn, met 14 000 reddingsbaadjies bedek om Siriese vlugtelinge se benarde omstandighede uit te lig. Daarby het die kunstenaar die koppe van sy reisende tentoonstelling genaamd Circle of Animals/Zodiac Heads: Bronze, wat tans in Praag in die Tjeggiese Republiek te sien is, met foeliekomberse bedek soos dié wat gewoonlik aan vlugtelinge uitgedeel word om hulle mee warm te hou.
TURKYE WIL BESKERMING EU SOEK NA OPLOSSINGS VIR SY GRENSE HÊ
25km
Turkye, Saoedi-Arabië en party van Turkye se Europese bondgenote het aangedui dat ’n behoefte bestaan om grondtroepe in Sirië te ontplooi, aangesien die Siriese regeringsmagte, met Rusland se steun, tot binne 25 km van die suidoostelike grens van Turkye…
