Terwyl die meeste ontleders saamstem dat plaaslike banke se verdienstegroei vanjaar minder as 10% sal wees, kan hul onderliggende sake ’n aanduiding gee van wat om van die winsgroei te verwag.
Standard Bank, FirstRand, Barclays Africa Group, eienaar van Absa, en Nedbank is almal van plaaslike makro-ekonomiese faktore afhanklik, volgens Harry Botha, aandeleontleder by Avior Capital Markets en een van die land se voorste ontleders van finansiële aandele.
Standard Bank, die grootste bank op die vasteland, het baie blootstelling aan nuwe markte. Baie van dié lande elders in Afrika, soos Angola, steun swaar op kommoditeite soos olie.
“Die feit dat hy die grootste blootstelling en mees gediversifiseerde blootstelling in die res van Afrika het, bevoordeel hom,” sê Botha. “Hy sal dalk vanjaar ’n bietjie groei behaal, maar die inkomste en…
