’n Kenmerk van Gold Fields se aanbieding van sy jaareindresultate in Februarie is die ontwikkelingsrisiko wat die groep loop in ’n poging om sy goudreserwes aan te vul en om produksie oor die volgende agt jaar bestendig op minstens twee miljoen onse te hou.
Ingesluit in dié myne is South Deep, wat omtrent 20 jaar oud is en wat Gold Fields sedert 2006 besit toe hy dit vir $1,53 miljard van Barrick Gold gekoop het. Ongeveer R29 miljard is destyds bestee om die myn te ontwikkel, volgens navorsing deur Noah Capital se René Hochreiter.
Die ander bates is die Salares Nortegoudprojek in Chili, en Gruyère, ’n projek in Wes-Australië waarin Gold Fields ’n 50%-belang vir ongeveer R3,5 miljard gekoop het; dus drie nuwe myne in drie verskillende lande wat terselfdertyd…
