welvarende belastingbetalers sal die grootste spit afbyt in vanjaar se swaar pakket van R28 miljard se belasting-verhogings gemik daarop om die grootste inkomstetekort sedert die resessie van 2009 te dek en om die pas van ekonomiese transformasie te versnel, het Pravin Gordhan, minister van finansies, op 22 Februarie in sy nasionale begrotingsrede gesê. Die nasionale tesourie het sy beskeie voorspellings van die ekonomiese groei vir die volgende drie fiskale jare onveranderd gelaat en gesê gedissiplineerde teikens vir begrotingstekorte, skuld en bestedingsbesnoeiings gaan voort. Hy voorspel groei van 1,3% vir vanjaar, 2% aanstaande jaar en 2,2% in 2019.
In die begroting vir die 2017-’18-boekjaar, wat op 1 Maart begin, val die klem ook sterk op nuwe stappe om aandag te gee aan die ongelykheid wat sedert die einde van apartheid voortduur.…