“OM INSTELLINGS OP TE BOU, VERG TYD. OM DIT TE VERNIETIG, IS OORNAG MOONTLIK.” − Pravin Gordhan, voormalige minister van finansies, in ’n wydlopende onderhoud met Daily Maverick oor sy en sy adjunk Mcebisi Jonas se ontslag, waarná twee kredietgraderingsagentskappe Suid-Afrika tot rommelstatus afgegradeer het. Die herskommeling het ’n “ontwrigtende invloed op senior personeel by die tesourie gehad, en wanneer Fuzile (die lank dienende direkteur-generaal Lungisa Fuzile) later vandeesmaand weggaan, sal dit nogmaal ’n negatiewe uitwerking hê,” het Gordhan volgens Daily Maverick gesê.
“Die gevaar dat ons ontsetel sal word, is groter wanneer ons verdeeld is. Faksievorming dwarsboom ons missie om in die behoeftes van ons mense te voorsien.” − Zweli Mkhize, tesourier-generaal van die ANC, het betogers by Cosatu se Meidagvieringe in Kaapstad gewaarsku dat as die party en…
