d ie Haller-familie verskaf die afgelope 36 jaar speserye vir die Suid-Afrikaanse vleis-, voedsel- en spyseniersektor. Deli Spices, met hul hoofkantoor in Epping, Kaapstad, is tans besig met ’n aggressiewe groeistrategie.
Die hoogs gerespekteerde familiegroep wat spesialiseer in kruie, speserye, mengsels, souse, glasuring, marinades, broodkrummels, sopbasisse en geriefskos, het onlangs ’n strategiese vennootskap aangekondig met MANE, ’n vooraanstaande internasionale smaak-en-geurmaatskappy.
Robin Haller, uitvoerende hoof van Deli Spices, deel ’n paar insigte oor Deli Spices se robuuste entrepreneurskap.
Hoe het Deli Spices ontstaan?
My pa, Walter, is ’n briljante Fleischmeister, wat beteken hy het ’n Duitse meestersgraad in slagtery. Hy het in 1965 van Duitsland na Suid-Afrika gekom; in 1981 het hy besluit om Deli Spices in Kaapstad te begin. Hoewel dit riskant was, was hy vol vertroue dat hy met…