“AS JY WIL HÊ AFRIKA MOET JOU HUIS WEES, MOET NIGERIË JOU HOOFSLAAPKAMER WEES.” – Lincoln Mali, groephoof vir kaarte en ontluikende betalings van Standard Bank, oor Nigerië as beleggingsbestemming op ’n onlangse konferensiebespreking wat die Universiteit van Kaapstad se nagraadse sakeskool aangebied het. Dianna Games, uitvoerende hoof van Africa@Work, het by dieselfde geleentheid gesê Nigerië bly “een van daardie lande wat jy nooit kan afskryf nie”. Sy het oor die bestedingskrag van sy bevolking van 186 miljoen gesê: “Nigerië slaag ondanks homself. Dis ’n bevolkingspel; mense wat dinge verkoop, vaar goed ondanks die afswaai. Die inflasiekoers is hoog, maar dis ’n standvastige land.”
“EK SAL DIT SO IRRASIONEEL MOONTLIK PROBEER BESTEE.” – Richard H.Thaler, jongste wenner van die Nobel-prys vir ekonomiese wetenskap, in antwoord op ’n vraag hoe hy…
