“wanneer die olifante baklei, kry die miere swaar,” het Rob Davies, minister van handel en nywerheid, in Maart oor die verergerende handelsoorlog tussen Amerika en China gesê.
Hy was seker dat Suid-Afrika in die oorlog in geen land se visier is nie, maar tog indirek aansienlike skade kan lei.
Trump het die openingsalvo op 22 Januarie afgevuur deur internasionale beveiligingstariewe op $8,5 miljard se invoer van sonpanele en $1,8 miljard se wasmasjiene goed te keur. Op 17 April het China skerp teenstor- -tingstariewe van 178,6% op Amerikaanse sorghum ingestel. Intussen het Trump met die verskoning van nasionale veiligheid op 1 Maart ’n invoertarief van 25% op alle ingevoerde staal en 10% op ingevoerde aluminium ingestel.
China het op 2 April teruggekap deur invoertariewe op sowat $2,4 miljard se Amerikaanse invoer…
