as jy ’n wenformule het, is dit moeilik om dit te verbeter. Maar Volkswagen het dit moontlik reggekry met die jongste generasie van sy VW Polo. Die vorige generasie, wat plaaslik vervaardig is, was ’n lieflike motor. Die nuwe, sesde generasie van die VW Polo, wat ook plaaslik vervaardig word, is selfs beter.
Die Polo is langer, laer en breër, lyk sportiewer, en bied gevorderde kenmerke, soos blindekolkontrolering, parkeringbystand en remming, ’n veelbotsing-remstelsel en LED-kopligte wat gewoonlik in duurder voertuigklasse gebruik word. Aangesien die Polo aantreklik geprys is, sal sy sukses waarskynlik voortduur.
Dié kompakte luikrug is ’n topverkoper in die plaaslike segment vir passasiersvoertuie – net ná sy sustersmotor Polo Vivo.
Die nuwe Polo gee erkenning aan die uitstekende vervaardigingsgehalte – binne én buite.
Saam met die drie standaardafwerkingreekse…