“DAT DIE PRESIDENT ALLEEN STEEDS DIE PERSOON IS WAT DIE NASIONALE DIREKTEUR VAN OPENBARE VERVOL-GINGS (NDOV) GAAN AANSTEL, BETE-KEN DAAR BLY RUIMTE VIR POLITIEKE INMENGING.” – Phephelaphi Dube, direkteur van die Sentrum vir Grondwetlike Regte, soos aangehaal deur Bloomberg, oor die huidige proses om ’n nuwe NDOV by die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) aan te stel. Volgens Bloomberg het Dube gesê dit lyk nie of daar “genoeg politieke wil is om betekenisvolle veranderings binne die NVG te bewerkstellig nie”.
“As ek die data egter korrek vertolk, lyk dit of die groot kanonne ondersoek begin instel het na ’n moontlike versterking van die rand en hoe om die fondse wat hulle bestuur dienooreenkomstig te posisioneer.” – Schalk Louw, portefeuljebestuurder by PSG Wealth, oor waar die tien grootste SA algemene-aandele-effektetrusts in Oktober belê…
