V & A:
’n Suid-Afrikaanse kookinnovasie, wat Wonderbag genoem word, het onlangs saam met innovasie-reuse, soos Apple, SpaceX, Amazon en Oculus in Time se Genius Companies-weergawe verskyn. finweek het met Wonderbag se stigter, Sarah Collins, oor die saak gesels.
Wat het jy gedoen voordat jy met Wonderbag begin het?
Ek het in gemeenskaptoerisme gewerk. Ons het met ’n perdrysafari-besigheid en met ’n mobiele en tentkamp, bekend as Stanley’s Camp in die Okavango-delta. Ek het onder andere my beskikbaar gestel as ’n politieke kandidaat, my eie NRO begin en plaaslike gemeenskappe gehelp om susksesvolle besighede te vestig.
Ons het op die oomblik meer as 20 000 mense wat die Wonderbag verkoop en bevorder, maar daar is miljoene vroue en gemeenskappe wie se lewens verbeter is danksy dié eenvoudige dog vindingryke prdoduk.…