anglo American se verstommende omswaai onder Mark Cutifani, uitvoerende hoof, word ten regte geloof. Nou is daar egter onvermydelik vrae oor of die tussentydse dividend van $800 miljoen, wat vroeër vandeesmaand aangekondig is en met ’n verrassende aandeelterugkoopprogram van $1 miljard aangevul word, ’n hoogtepunt vir die maatskappy verteenwoordig. Ontleders vra nou of dit die beste is wat Anglo ooit sal kan lewer?
Blykbaar nie
Beleggingsbanke, waaronderJP Morgan Cazenove, HSBC, RBC Capital Markets, Morgan Stanley en Goldman Sachs, meen dat Anglo American verdere prestasies kan behaal, hoewel dit afhang van die gewone onseker faktore, soos hoe sterk die ysterertsmark is en of Anglo die produksietekort van 3% in die eerste helfte van sy boekjaar kan regruk.
Vrae bestaan ook oor hoe lank hy voordeel kan trek uit die tegniese vooruitgang…
