Wat sê die fondsbestuurder?
Ondanks moeilike toestande wat normaal in sikliese bedrywe is, is Investec Batebestuur se kommoditeitsfonds (gefokus op kommoditeitsverwante maatskappye wat hoofsaaklik in Suid-Afrika genoteer is) ’n goeie gevallestudie om in hulpbronne te belê. Dit lyk na ’n praktiese beleggingsinstrument om jou portefeulje te diversifiseer.
Die tweede kwartaal van 2019 was baie onbestendig vir die hulpbronsektor. Die fonds se prestasiemaatstafindeks, die SWIX Resi, het in die tydperk met 0,66% gedaal, en voorsieningsontwrigtings in ystererts het die grootmaatkommoditeitspryse opgestoot, sê die fondsbestuurder, Daniel Sacks, in ’n kwartaallikse beleggersnota.
Swak resultate het daartoe gelei dat die fonds posisies in Sasol, Harmony Gold, South32 en Exxaro verklein het.
Dié herposisionering om kapitaalgroei te versekeren ’n redelike inkomstevlakaan beleggers te voorsien, is onder meer vanweë oorskrydings in kapitaaluitgawes en swak pryse vir…