elke keer wat ek ’n Amerikaanse universiteit besoek, is ek verstom oor die afwesigheid van Afrika-studente wat aan die wêreld se voorste departemente van ekonomie studeer. In November het ekdie Becker Friedman-instituut as ’n besoekende akademikus bygewoon – ’n gawe aanbod om met sommige van die voorste denkers van ons tyd skouers te skuur. Ek het in werksessies gesit en eweknieë op verskillende terreine ontmoet. Een van die gedenkwaardigste gevalle was om te luister hoe Abhijit Banerjee, ’n onlangse Nobelprys-wenner, sy jongste boek, Good Economics for Hard Times, bespreek het.
Iets het geskort. Daar is omtrent geen ander Afrika-akademici nie – ten minste nie in die ekonomiedepartemente of die instellings wat met die vakgebied geassosieer word nie. Daar is verskeie dosente en studente van ontwikkelende lande, soos Colombia, Pakistan, Turkye…
