adrian Taylor, Marc Maasdorp en Bartek Dutkowski het Jamii Cities in November 2018 gestig toe hulle sien hoe moeilik dit vir verhuurders in die Johannesburgse stadskom is om aanvaarbare huurders te kry.
“Jamii Cities vervul al die funksies van ’n tradisionele verhuringsagent, maar wanneer dit by die keuring van kliënte kom, gaan ons nie slegs kredietwaardigheid na nie; ons gebruik ook statistiese ontleding om huurders se behoeftes en lewensomstandighede beter te verstaan. Die gedagte is om ’n beter passing tussen huurders en eiendomme te kry,” sê Taylor.
In die ontleding word verskeie faktore wat verblyf beïnvloed in ag geneem, waaronder inkomstepotensiaal, ouderdom, verhoudingstatus, gesinsgrootte, werksplek en die beskikbaarheid van nabygeleë geriewe, soos skole, winkels en hospitale. “Dit is soortgelyk aan die kontroleondersoeke wanneer mense om versekering of huislenings aansoek doen,”…
